Klein Teater

Klein TeaterKlein TeaterKlein Teater

Klein Teater

Klein TeaterKlein TeaterKlein Teater
  • TUIS
  • CORDIS TRUST
  • More
    • TUIS
    • CORDIS TRUST
  • TUIS
  • CORDIS TRUST

Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel

Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel
Lees Nou

Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel

Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel
Lees Nou

"Bundel bring toekomsperspektief."

Cordis Trust Publikasies het pas ’n nuwe digbundel, “Klein Teater”, deur Fanie Marais gepubliseer.  Hy noem die inhoud van die bundel “eenpersoon-optredes verwoord tydens ’n enger leeftyd”.


Die bundel het 176 kort gedigte wat Fanie as intense waarnemings oor die afglope twee jaar geskryf het.  “Die woord ‘breekmoment’ (ook ’n gedig in die bundel) kom voor.  Daardie oomblik wat jy besef jy sien of ervaar iets waarvan kennis geneem moet word,” vertel Fanie.


Hy skryf in die bundel se voorwoord die lewe het enger geword. “My hoërskool-droomwêreld van onbeperkte horisonne van geleerdheid, reis, loopbaan- en gesinsvooruitsigte en besittings, is ruim verwesenlik. Teen die einde van 2019 het die dood van ’n eggenote van meer as 53 jaar die gevoel van afsluiting gebring. Die Teater van die Lewe waarin my bestaan afgespeel het, het in omvang en intensiteit afgeneem.”


“Dit is verder verskraal met die Gelykmaker, Covid-19. My daaglikse ervaringe het begin afspeel soos eenpersoon-optredes in ’n klein teater. Die gewaarwordinge wat ek aangeteken het om my bestaan beter te verstaan, in ’n toekomsperspektief.”


Fanie skryf die bundel word opgedra aan “elkeen wat ’n klein daaglikse oorwinning oor omstandighede en die self voor ’n spieël beleef, asof dit ’n eerste plek op ’n podium is,  en omdraai met hoop in die hart vir die dag se taak, al is dit net om die gordyn oop te trek om lig in te laat.”


Die bundel word deur Cordis Trust geoormerk vir bepeinsing en kleingroep-besprekings en word daarom gratis versprei in boekvorm en as e-boek.  


Myra Lochner het die elektroset en proeflees van die bundel gedoen en Herman Lochner die ontwerp van die omslag.  Die voorblad skets is deur Nataliia Dubchak van Kief in die Oekraine.


Lees as gratis e-boek in PDF-formaat

Klik op pyltjies onder en blaai deur bundel

Klik hier om bundel in PDF-formaat af te laai

Bestel bundel in gedrukte formaat

'n Beperkte aantal gedrukte bundels word ook gratis versprei.  Solank voorraad beskikbaar is kan jy 'n gratis gedrukte bundel bestel en net die koerierkoste van R90 betaal. Die bundel word by jou voordeur afgelewer.

Hoe om 'n gedrukte bundel te bestel?

Fanie gesels oor "Klein Teater"

Klik en kyk na video

"Bundel bring toekomsperspektief met gewaarwordinge wat soos eenpersoon-optredes in ’n klein teater ervaar is."

Só kan jy betrokke raak

Gesprek

Gesprek

Gesprek

Fanie wil gesprek en deurdenking van die toekoms-perspektiewe in die bundel aanmoedig. Deel gerus die e-boek met vriende en reël dan 'n saamgesels. 

Lees

Gesprek

Gesprek

Die bundel word gratis versprei om die lees van woord- en digkuns aan te moedig.  Nooi gerus vriende en kennisse om ook saam te lees.

Skryf

Gesprek

Toonset

Byt die skryfgogga jou om ook "breekmoment-ervarings" neer te pen? Deel dit braaf met ons om op sosiale media te plaas.  gesels@cordistrust.com


Toonset

Video's en foto's

Toonset

Cordis Trust wil jou uitnooi om van die gedigte in die bundel, of inspirasie verwerkings daarvan, te toonset en met ons te deel. Ons sien uit om te luister.  

gesels@cordistrust.com

Video's en foto's

Video's en foto's

Video's en foto's

Inspireer van die gedigte in die bundel jou om kort-video's of foto's te neem?   Deel dit gerus met ons vir plasing op Cordis Trust se media.  

gesels@cordistrust.com

Deel

Video's en foto's

Video's en foto's

Fanie wil jou uitnooi om dié bundel gratis met vriende en kennisse te deel. Stuur gerus die webwerf-adres aan.  Ons hoop soveel as moontlik mense kan saam lees en oor die toekoms dink.


In die nuus

Fanie Marais

Oprigter, befondser en uitvoerende trustee, Cordis Trust, sedert 2000 met mikpunte deerniswerk (Teater van die lewe), Woordkuns (Afrikaanse woordkunsakademie) en geestelike groei (Boodskap van hoop) deur sy rol as fasiliteerder, ondersteuner en erkenner van ander se meelewing, talente en geloofsuitreike.



Gesels met ons

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

Teken in op ons nuusbrief

Bly op hoogte van nuwe skeppende werk, nuus uit die woordkuns-omgewing en Cordis Trust-projekte, en spesiale aanbiedinge. Jy ontvang 'n skakel per e-pos om jou intekening te bevestig.

Cordis Trust Instagram

Klik op Facebook, Instagram en You Tube

Contact Us

Drop us a line!

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

Better yet, see us in person!

We love our customers, so feel free to visit during normal business hours.

Klein Teater

Hours

Open today

09:00 – 17:00

© 2022 Klein Teater 

Cordis Trust Publikasies

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept